Indiese Kerrie

Indiese kerrie

Dis ‘n baie geurige gereg en nie té sterk nie.

  • 15 ml elk botter en olyfolie
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 brandrissies, ontpit en opgekap
  • 6 huisies knoffel, gekneus of
  • 5 ml knoffelsout
  • 1 kg maalvleis
  • 7,5 ml borrie
  • 5 ml mosterdsaad
  • 4 heel naeltjies
  • kaneelstokkies
  • 15 ml masala vir kerrie
  • 10 ml vars koljanderblare, opgekap
  • 10 ml gemaalde gemmer
  • 5 ml gemaalde komynsaad
  • 2 kardamompeule
  • 3 tamaties, geskil en opgekap
  • 500 ml bruin lensies, gaar
  • 10 ml gharam-masala

Verhit botter en olie in ‘n kastrol en braai die ui, brandrissies en knoffel liggies daarin. Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die volgende nege speserye by, dan die tamatie en daarna die lensies. Voeg kookwater by soos verkies en kook liggies. Voeg gharam-masala laaste by en laat goed prut.
Bedien met rys of pasta of roti.

 

KREDIET: landbou.com

 
 
Aantal kere besoek: 7107

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Twee Gevreetjies
Twee Gevreetjies...meer
Biltong mieliepaptert
Biltong mieliepaptert...meer
Maklike Sagopoeding
Maklike Sagopoeding...meer
Curried Wheat Salad with peaches
Curried Wheat Salad with peaches...meer
Bone-en-groente-pot
Bone-en-groente-pot...meer
Maklike En Vinnige Pasta
Maklike En Vinnige Pasta...meer