Bierboks Sjokolade Koek

BESTANDDELE:

  • 150ml kookolie
  • 500ml water
  • 200 ml kakao
  • 10 ml vanilla geursel
  • 8 eiers
  • 750 ml suiker
  • 875 ml koekmeel
  • 17.5 ml bakpoeier

METODE:

  1. Kook die volgende saam in 'n kastrol: water, olie, kakao en vanilla geursel.
  2. Bring tot kookpunt en haal dan af om af te koel.
  3. Klop die eiers en suiker saam tot lig en donsig.
  4. Voeg die meel en bakpoeier by die eier mengsel en klop die kakao en olie mengsel daarby in.
  5. Gooi in ‘n voorafgesmeerde bierboks wat jy met foelie uit gevoer het
  6. Bak teen 180 * C vir 30 - 35 minute.
  7. Versier met enige sjokolade versiersuiker of gebruik die volgende een:


VERSIERSUIKER
125 ml botter of margarien
500 ml versiersuiker
150 ml kakao
60 ml yogurt

Smelt margarien en versiersuiker, voeg dan die kakao en yogurt by. 

26,822 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Cream Puffs

Sien

Hoenderkaaskoek

Sien

3 van die beste marinades

Sien

Peertert

Sien