BESTANDDELE:
- 3 koppies bruismeel
- 2 teelepels koeksoda
- 1½ koppie suiker
- Knippie sout
- 3 eiers
- 1 geblikte vrugtekelkie
SOUS:
- 250g botter
- 1 teelepel vanilla
- 2 koppies suiker
- ½ koppie brandewyn
- 1 blikkie ingedampte melk (ideal milk)
METODE:
- Sif die meel, koeksoda, suiker en sout saam.
- Klits die eiers en gooi dit saam met die blik vrugtekelkie by die meel en meng goed.
- Gooi in tertbak en bak teen 180 C vir 45 minute.
- Vir die sous: gooi al die bestanddele vir die sous saam in 'n pot en bring tot kookpunt.
- Gooi die warm sous oor die tert sodra dit uit die oond kom.
Sit voor met room of roomys en vla.
BRON: Isolde Linde
823 kere besoek
Double Toffee Treat
Sien
Spinasie tert
Sien
Peppermint Crisp Tert
Sien
Skoonma se Sjokoladekoek
Sien
