Malvalekker Tertjies

Ek het hierdie resep op https://bakeplaysmile.com gekry.  Ek koop sommer die tertdoppies vir hierdie resep by my naaste tuisnywerheid, of ek volg hierdie vinnige resep om tertdoppies te maak:

Tert Doppies:

  1. Sif 3 koppies meelblom, halwe teelepel sout en 2 teelepels bakpoeier saam en voeg drie-kwart koppie suiker by.
  2. Sny en vryf 1 koppie botter in.
  3. Meng met 4 goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word.
  4. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit om doppies te vorm.
  5. Bak blindelings in die oond vir so 30 minute teen 180 grade.

BESTANDDELE:

  • 12 gaar tert doppies
  • Aarbeikonfyt
  • 1 Pak pienk en wit malvalekkers
  • 250ml vars room
  • Klapper

METODE:

  1. Skep 'n lepel aarbeikonfyt in elke tert doppie.
  2. In 'n mikrogolf-bak gooi die malvalekkers en die room saam en mikrogolf hoog, maar roer die mengsel elke 20 sekondes tot die mengsel glad is en al die malvalekkers gesmelt is.
  3. Gooi die malvamengsel bo-oor die konfyt in elke doppie.
  4. Strooi klapper oor elkeen.
  5. Laat dit nou afkoel en stol.

BRON: https://bakeplaysmile.com FOTO: https://bakeplaysmile.com

1,440 kere besoek

Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit

Sien

The best chocolate brownies

Sien

Roosterkoek (oor die kole of in die stoof)

Sien

Pap-en-smoor

Sien