Jogurt Kaaskoek

BESTANDDELE:

  • 1kg (groot houer) ongegeurde jogurt
  • 1 bakkie roomkaas
  • 1 blikkie kondensmelk
  • halwe suurlemoen uitgedruk.
  • Vir die Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies en 2 eetlepels botter

METODE:

  1. Maak die tennisbeskuitjies fyn in jou blender, smelt die botter en meng met die tennisbeskuitjies.  
  2. Gooi in 'n tertbak en druk vas met 'n lepel.  Sit in die yskas vir so halfuur sodat die kors kan set.
  3. In 'n mikrogolfbak meng die jogurt, roomkaas, kondensmelk en sap van die suurlemoen goed saam.
  4. Sit in die mikrogolfoond op hoog (1000w) vir 3 minute.
  5. Haal uit en meng weer goed vir so 1 minuut.
  6. Sit terug in die mikrogolfoond op hoog vir 3 minute.
  7. Meng weer goed en gooi dan in die tertbak oor die kors.
  8. Laat dit oornag in die yskas staan.

WENK:

Jy kan ook grenadella pulp of vars bessies oorgooi.

Aantal kere besoek: 1049

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Creme Karamel
Creme Karamel...meer
Kebabs met peppadews
Kebabs met peppadews...meer
Warm Rysslaai
Warm Rysslaai...meer
Gemmerpoeding op die stoof
Gemmerpoeding op die...meer
Sjokolade Koek
Sjokolade Koek...meer
Wafels
Wafels...meer