Maalvleis-eenskottelgereg met tamatie-en-uieslaai

BESTANDDELE:

  • 45 ml (3 e) olie
  • 1 ui, fyn gesny
  • 375 ml (300 g) langkorrel-witrys, afgespoel en gedreineer
  • 400g maer beesmaalvleis
  • 300g botterskorsie ("butternut"), ontpit, geskil en in klein blokkies gesny
  • 500ml (2k) kokend warm hoenderaftreksel
  • 1 stuk pypkaneel
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 30ml (2e) brandrissiesous
  • 'n bietjie fyn kaneel
  • vars koljanderblare, grof gekap, vir garnering

TAMATIE-EN-UIESLAAI:

  • 2 ryp tamaties, gekap
  • 1 klein ui, geskil en gekap
  • bietjie bruinasyn
  • suiker na smaak
  • gekapte koljanderblare

METODE:

  1. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol oor matige hitte
  2. Soteer die ui tot dit sag is en net begin verkleur.
  3. Voeg die rys by en roerbraai 1 minuut.
  4. Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai 2 minute terwyl geroer word om die vleis op te breek.
  5. Voeg die pampoen, aftreksel en kaneel by. Geur met sout en peper en bring dit tot kookpunt.
  6. Voeg die brandrissiesous by, verlaag die hitte, bedek en kook 15 minute tot die vloeistof geabsorbeer en die rys sag is.
  7. Sprinkel fyn kaneel oor en stapel koljanderblare bo-op.
  8. Tamatie-en-uieslaai: Meng al die bestanddele vir die slaai en laat staan 'n rukkie sodat die geure kan ontwikkel.
  9. Sit gereg voor saam met die gekapte tamatie-en-uieslaai

BRON:

Huisgenoot 2011

Aantal kere besoek: 309

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Bacon and Mushroom Pasta
Bacon and Mushroom Pasta...meer
Kaasbrood
Kaasbrood...meer
Koejawel Yskastert
Koejawel Yskastert...meer
Ystervarkies
Ystervarkies...meer
Chai Tee
Chai Tee...meer
Toffieappels
Toffieappels...meer