Waterblommetjie Bredie

BESTANDDELE:

  • 1 kg skaapskenkels opgesny
  • sout en peper
  • Olyfolie vir braai
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 1 eetlepel gemaalde koljander
  • 1 koppie witwyn
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • 5-6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 300-500g waterblommetjies
  • gekapte pietersielie vir garnering

METODE:

  1. Verhit die oond tot 180 ºC.
  2. Geur die skaapskenkels. Verhit olie in 'n Le Creuset Tagine en bruin die vleis. Verwyder en sit eenkant.
  3. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Gooi die vleis saam met die koljander, wyn en aftreksel saam terug in the Tagine. Geur goed.
  4. Bak 60 minute in die oond oond.
  5. Voeg dan die aartappels by en kook vir nog 60 minute. Voeg die waterblommetjies by en kook tot sowat 20 minute.
  6. Garneer met pietersielie en bedien met gestoomde rys.

BRON: Le Creuset Recipes

5,226 kere besoek

Tannie Annetjie se Groenbone

Sien

Piesangkoek met karamelversiersel

Sien

Maklike Bobotie Resep

Sien

Diddle Daddle Popcorn Stroop

Sien