Maklike Frikkadelle
Ek het hierdie resep by 'n kollega gekry. Lekkerste frikkadelle wat ek nog ge-eet het.
Bestanddele:
- 1kg Maalvleis
- 1 koppie oats
- 2 tamaties, geskil en fyn gesny
- 1 ui gerasper
- 2 eetlepels tamatiesous
- 2 eetlepels chutney
- 1 eetlepel worcestersous
- 2 eiers
- Speserye: Origanum, Rosemary en "Spice for mince" - gooi soveel in soos jy daarvan hou
- 1 pakkie bruin uie sop poeier
- 500ml kookwater
Metode:
- Meng die vleis, oats, tamaties, ui, tamatiesous, chutney, worcestersous en speserye saam in 'n mengbak.
- Klop die eiers goed en meng by die vleis in.
- Maak ronde balle en plaas in 'n oodvaste bak met 'n deksel.
- Maak die bruin uie sop poeier aan met die 500ml kookwater en gooi oor die frikkadelle.
- Plaas die deksel op en bak teen 180 grade in die oond vir om en by 1,5 uur
170,865 kere besoek
Pynappelskuim
Sien
Creme Karamel
Sien
Neute Lekkers (Peanut Clusters)
Sien
Hollandaise-sous
Sien
