Kebabs met peppadews

KEBABS MET PEPPADEWS

Bestanddele  

350 g varkvleisblokkies (uit boud gesny), 25 mm dik
1 medium soetrissie, ontpit, in 25 mm blokkies gesny
200 g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18)
6 piekeluie, geskil en gehalveer 

 

BEDRUIPSOUS:
80 ml stroop van ingemaakte peppadews
10 ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml ligte bruinsuiker 

 

Metode

Ryg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne.
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.
Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar. 
Jy kan die peppadews vervang met perskeskywe ook. 

 

BRON: Kampkos en Wenke                   FOTO: Kampkos en Wenke

 
Aantal kere besoek: 3094

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Bros Koekies
Bros Koekies...meer
Aartappelsop (Loaded Potato Soup)
Aartappelsop (Loaded Potato Soup)...meer
Maaskaastert
Maaskaastert...meer
Souskluitjies
Souskluitjies...meer
Ertjie, Bone en Spek Tert
Ertjie, Bone en Spe...meer
Creme Karamel
Creme Karamel...meer