Biltong en Cheddarkaas Quiche

Quiche-kors:

Bestanddele

Vir 'n 2 x 20 cm tert:

200 g (350 ml) koekmeel

100 g (110 ml) botter, in blokkies gesny

1 eiergeel (hou wit van eier eenkant)

45 ml koue water

Metode

Verhit oond tot 180 grade C. Plaas meel in voedselverwerker. Voeg botter by en verwerk tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg eiergeel by en meng. Voeg water by en meng tot deeg vorm. Haal deeg uit en draai toe in kleefplastiek. Laat rus sowat 20 minute in yskas.

Halveer deeg en bedek een helfte met kleefplastiek en hou in yskas tot benodig. Rol ander helfte dun uit op meelbestrooide oppervlak. Vou deeg oormekaar soos op foto en plaas op 'n 20 cm-quiche-pan wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas pannetjie op 'n bakplaat en vou deeg oop. Die deeg moet oor die rand van die pannetjie hang. Dit sal keer dat die deeg krimp. Druk deeg vas met vingerpunte. Plaas 'n groot stuk waspapier bo-op en vul pannetjie met droe boontjies.

Plaas in oond en bak vir 20 minute. Haal uit en smeer binnekant van deeg met die eierwit. Sny rand van die deeg af met 'n skerp mes. Nou is die quiche-kors gereed om gevul te word.

Vulsel:

Bestanddele

100 g sterk wit cheddarkaas

100 g biltong, gesny

15 ml pietersielie, fyngekap

125 ml room

1 eier

sout en peper

Metode

Verhit oond tot 180 grade C. Vul die voorbereide quiche-kors as volg:

Rasper cheddarkaas en sprinkel in voorbereide kors.

Kap die biltong in kleiner stukke en sprinkel bo-op kaas.

Klits die room en eier saam in 'n bakkie en geur met sout en peper.

Plaas op 'n bakplaat en gooi roommengsel versigtig oor vulsel.

Plaas in oond en bak vir 40 - 45 minute.

Haal uit en sprinkel die fyngekapte pietersielie bo-oor.

Bron: Sarie Kos Foto: Sarie Kos

Aantal kere besoek: 3643

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Suurlemoen Meringue Tert
Suurlemoen Meringue Tert...meer
Klein Koekies
Klein Koekies...meer
Krakerige gevulde eiers
Krakerige gevulde eiers...meer
Botterskorsie-en-kaneelsop
Botterskorsie-en-kaneelsop...meer
Kerrie Marinade vir Sosaties
Kerrie Marinade vir Sosaties...meer
Gemmerpoeding op die stoof
Gemmerpoeding op die...meer