Braaisout

Braaisout  (Genoeg vir 600 g)

Bestanddele

• gerasperde skil van 4 lemmetjies
• 60 ml droë tiemie
• 1 x 600 g-boks Cerebos-seevlokkies
• gerasperde skil van 4 suurlemoene
• 60 ml droë basiliekruid
• gerasperde skil van 4 pomelo’s
• 60 ml rissievlokkies

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Meng lemmetjieskil, tiemie en 200 g van die sout saam in ’n mengbak. Plaas op bakplaat in eweredige laag. Meng nog 200 g sout met suurlemoenskil en basiliekruid en plaas op skoon bakplaat. Meng oorblywende sout met pomeloskil en rissievlokkies. Plaas dit ook op ’n bakplaat. Plaas al drie bakplate in oond en skakel oond af. Oondbraai 8 – 10 minute. Meng elke mengsel deur en bêre elk in ’n lugdigte houer. Geur vis of vleis voor jy dit braai.

 

Bron:  Sarie

 

 
Aantal kere besoek: 3583

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Maklike pynappel "stirfry" sous
Maklike pynappel "stirfry" sous...meer
Gemmerpoeding op die stoof
Gemmerpoeding op die...meer
Lasagne met 'n "twist"
Lasagne met 'n "twist"...meer
Bully Beef Spaghetti Skottel
Bully Beef Spaghetti Skottel...meer
Speserykoekies
Speserykoekies...meer
Souskluitjies
Souskluitjies...meer