Roosterkoek (oor die kole of in die stoof)

ROOSTERKOEK 

Mens het nie 'n braaivleis vuur nodig nie. 
Bak dit sommer in die riffel pan op die stoof en verder in die oond tot gaar.

Bestanddele

4 x 250 ml koekmeel
10 gram kitsgis
60 ml suiker
100 g gesmelte botter
300 ml louwarm water

Metode

1. Sif koekmeel in groot meng bak.
2. Roer gis en suiker by.
3. Voeg die gesmelte botter en louwarm water by en meng tot sagte deeg.
4. Knie tot glad en elasties. Doen dit sommer in jou voedselverwerker.
5. Bedek en laat dubbeld rys.
6. Knie af en vorm balletjies.
7. Druk plat om roosterkoeke te vorm.
8. Laat paar minute rys.
9. Plaas op rooster oor matige kole.
10. Draai om sodra uit gerys en goudbruin.
11. Braai ander kant gaar.


OF


Stel oond op 180°C.
Bak 4 op 'n slag in riffelpan tot uit gerys en swart merkies het. 
Plaas in oond pan wat in oond is, terwyl res in riffelpan gebak word.
Bak tot gaar in oond.

 

Bron:  Kuier, Kook & Klets

 
Aantal kere besoek: 12271

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Grondboontjiebotter-roomys
Grondboontjiebotter-roomys...meer
Bros Tertdeeg (kors)
ros Tertdeeg (kors)...meer
Tuna Tert
Tuna Tert...meer
Sjokolade & Mallow Crispies Treats
Sjokolade & Mallow Crispies Treats...meer
Maklike Bar One Poeding
Maklike Bar One Poeding...meer
Gerookte snoekpatee
Gerookte snoekpatee...meer