Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous

 

Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous

Bestanddele

- 100 ml olyfolie

- hand vol vars kruie van jou keuse, fyngekap

- 5 knoffelhuisies, gekap

- 100 ml rooiwyn

- 1 kg beesfilet

- sout en varsgemaalde swartpeper

Sous

 - 45ml olyfolie

 - 2 knoffelhuisies, gekap

- 1 ui, fyngekap

- 400 g gemengde sampioene

- 50ml brandewyn

- 250 ml room

- sout en varsgemaalde swartpeper

  Metode

Meng olyfolie, kruie, knoffel en rooiwyn. Marineer filet oornag in die mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Braai filet stadig oor matige kole – sowat 15 minute aan ‘n kant vir medium-gaar of langer as jy dit gaarder verkies. Haal van hitte af en laat rus in skoon bak. Maak sous deur olyfolie in ‘n mediumgroot pot te verhit. Voeg knoffel en ui by. Braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg sampioene by en braai verder vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en gaar. Gooi brandewyn by en laat wegkook. Voeg room by en verlaag hitte. Laat stadig prut tot vloeistof met helfte verminder, sowat 10 – 12 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit filet voor saam met sampioensous.

 

Bron:  Sarie Tydskrif - Herman Lensing

Foto:  Sarie Tydskrif

 
Aantal kere besoek: 2637

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Sjokolade & Mallow Crispies Treats
Sjokolade & Mallow Crispies Treats...meer
Patatpoffertjies in stroop
Patatpoffertjies in stroop...meer
Maalvleis-Panpizza
Maalvleis-Panpizza...meer
Olive Bruchetta with Tomato and Basil
Olive Bruchetta wit...meer
Crumbed Mushrooms
Crumbed Mushrooms...meer
Tamatiesop
Tamatiesop...meer