GENOEG VIR 6-8 MENSE
Bereiding: 20 minute
Verkoeltyd: oornag
BESTANDDELE:
- 1 pakkie (90 g) sjokoladekitspoeding
- 400 ml melk
- 125 g roomkaas
- 250 ml (1 k) room, styf geklits
- 1 pakkie (200 g) Romany Creams, grof gebreek
- sjerrie vir oorsprinkel
- 2 groot (100 g elk) Bar-Onestafies, in blokkies gesny
METODE:
- Klits die kitspoeding en melk saam tot dit net begin verdik.
- Roer die roomkaas by die room in.
- Sprinkel die helfte van die gebreekte koekies in ’n glasbak en besprinkel met die sjerrie.
- Skep ’n laag sjokoladepoeding oor.
- Skep ’n laag room oor en sprinkel van die sjokolade oor.
- Herhaal die lae en rond af met stukkies Bar-One. Plaas in die yskas tot stewig.
WENK: Verlaag die kilojoule-inhoud van die nagereg deur laevetmelk, -roomkaas en -room te gebruik.
BRON: Huisgenoot Digitaal op Augustus 15, 2014
22,825 kere besoek
Mikrogolf Fudge
Sien
Skons
Sien
Tiramisu
Sien
Bone-en-groente-pot
Sien
