Ontbyt-Potjie

Ontbyt-Potjie

 Bestanddele

2 eetlepels olie
250 g sampioene, in kwarte gesny
2 uie, grof gekap
250 g spek, in blokkies gesny
1 blik (440 g) gekapte tamaties
handvol tiemie takkies
sout en swartpeper
12 varkworsies, in skyfies gesny
6 eiers
1 koppie (250 ml) Cheddarkaas, gerasper

 

Metode

Verhit die olie in ‘n pot en braai die sampioene oor hoë hitte vir 5 minute tot goudbruin en gaar.
Verwyder uit die pot en hou eenkant.
Braai die uie en spek saam vir ± 5 minute.
Voeg die blikkie tamaties en tiemie by en geur goed met sout en swartpeper.
Plaas ‘n laag varkworsies op die tamatiesous en kook vir ± 5 - 10 minute met die deksel op.
Haal die deksel af en plaas ‘n laag sampioene op die varkworsies en breek die eiers bo-oor die sampioene.
Maak die deksel weer toe en kook vir 5 minute.
Sprinkel met kaas en bedien met pap of potbrood.

 

 Bron:  RSG

 
Aantal kere besoek: 4085

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Plaatkoekies
Plaatkoekies...meer
Chocolate Fondue
Chocolate Fondue...meer
Maak jou eie Cappuccino
Maak jou eie Cappuccino...meer
Waldorf Slaai
Waldorf Slaai...meer
Visvinger en Rys Gereg
Visvinger en Rys Gereg...meer
Hoender-en-rys-gebak
Hoender-en-rys-gebak...meer