Jambalaya Rys

JAMBALAYA RYS

 

Bestanddele

15 ml olie

3-4 repe “streaky bacon”

1 gekapte ui

2 selderye, gekap

500 ml rou rys

1 l hoenderaftreksel

3 ml sout

3 ml swart peper

3 ml rooipeper (cayenne pepper)

1 lourier blaar (bay leaf)

1 “green pepper” in blokkies gesny

1 x 410 g blikkie gekapte tamaties

100 g ham in blokkies gesny

200 g hoender blokkies gesny (gaar) 

15 ml pietersielie

 

Metode

Verhit olie en braai spek tot bros, dreineer spek.

Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai vir 1 minuut.

Voeg hoenderaftreksel, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut vir 10 minute.

Voeg green peper en tamaties by en laat prut vir verdere 5 tot 10 minute.

Voeg ham, spek en hoender by en prut vir 5 minute.

Gooi mengsel in opskepbak en sprinkel met pietersielie.

 

Bron:  Kreatiewe Kos Idees

 

 
Aantal kere besoek: 3484

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Skilpadjies
Skilpadjies...meer
Biltong en Cheddarkaas Quiche
Biltong en Cheddark...meer
Sjokolade Melkskommel
Sjokolade Melkskommel...meer
Bar One Trifle
Bar One Trifle...meer
Bolognese
Bolognese...meer
Maak jou eie Cappuccino
Maak jou eie Cappuccino...meer