Sjokolade Dom Pedro

 

Sjokolade Dom Pedro

50g donker sjokolade
60ml room
4 groot skeppe sjokoladeroomys
30ml whisky, koffielikeur of Amarula
60ml melk
60ml room, geklop

Smelt die sjokolade en room saam tot glad.

Laat effens afkoel en drup dit aan die binnekant van twee rooiwynglase sodat die sjokolade teen die kant kan afloop.

Hou eenkant.

Verwerk die roomys, whisky (of likeur) en melk saam tot glad en giet in die glase.

Skep twee eetlepels geklopte room op elkeen en gebruik ‘n mes of toetspen om marmerpatrone op die bokant te maak.

Genoeg vir 2 mense.

 

Bron:  Boerekos.com

 
Aantal kere besoek: 3397

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Maklike Bar One Poeding
Maklike Bar One Poeding...meer
Ouma Ies se koperpennie wortelslaai
Ouma Ies se koperpennie wortelslaai...meer
Patatpoffertjies in stroop
Patatpoffertjies in stroop...meer
Lamsbreyani
Lamsbreyani...meer
Tamatie en Rissie Konfyt (Mikrogolf)
Tamatie en Rissie Konfyt (Mikrogolf)...meer
Warm Koringslaai
Warm Koringslaai...meer