Sjokolade Koek

BESTANDDELE:

  • 6 eiers geskei
  • 1½ kop suiker
  • 1½ kop meel
  • ¾ kop kookolie
  • ¾ kop kookwater
  • 3 eetl kakao
  • 3tl bakpoeier
  • ¼ tl sout

METODE: 

  1. Skei eiers, klits die geel en suiker goed saam.
  2. Los kakao poeier in kookwater op.
  3. Sif sout, meel en bakpoeier.
  4. Gooi by eersgenoemde mengsel.
  5. Klits eierwitte styf en klop in mengsel.
  6. Bak in gesmeerde bak, nie botter nie, by180*C vir 25-30 min , of tot gaar.

STROOP: 

  • 1½ kop suiker
  • 1½ kop water
  • 1 tl vanilla geursel
  • 1 tl brandewyn
  • 2 eetl kitskoffie

Kook vir 5 min saam en gooi warm oor koek, versier met gekookte kondensmelk, krimmel flake bo-oor.

Aantal kere besoek: 3574

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Eier en Ham Mandjies
Eier en Ham Mandjies...meer
Maklike Frikkadelle (meatballs)
Maklike Frikkadelle (meatballs)...meer
Biltong en Cheddarkaas Quiche
Biltong en Cheddark...meer
Ingemaakte beet
Ingemaakte beet...meer
Marshmallow Kaaskoek
Marshmallow Kaaskoek...meer
Ierse Koffie
Ierse Koffie...meer