Welkom by Bak en Brou


Hierdie webblad is deur gewone mense, wat van lekker smaaklike, eenvoudige kos hou, begin. Die doel van hierdie webblad is om ander kosliefhebbers die geleentheid en medium te bied om hul beproefte en geliefkoosde resepte met ander te deel en om as medium te dien vir jou een-stop e-resepte boek. Hierdie webblad is baie maklik om te gebruik en kos niks.

Wanneer jy vir ons 'n resep stuur (via die "Kontak Ons" opsie), dan geld die volgende reƫls:

  • Indien dit nie jou eie resep is nie, gee erkenning aan die persoon of bron soos sosiale netweke, tydskrifte, resepteboeke en ander media waar jy die resep gekry het.
  • Waar moontlik, moet jy in jou resep vir ons verduidelik of jy die resep al beproef het en enige wenke wat jy kan gee om die resep 100% te laat slaag.
  • Enige resep wat jy wil publiseer op hierdie blad sal eers deur die Admins nagegaan word, en sal op die Admins se eie diskresie gepubliseer of verwerp word.
  • Jy onderneem dat enige resep wat jy met ons deel mag deur enige ander gebruiker van hierdie blad of die publiek weer gedeel of gepubliseer word sonder jou toestemming.
  • Indien jy enige resep wat jy met ons gedeel het wil verwyder moet jy die Admins in kennis stel by: admin@bakenbrou.co.za
  • Jy stem toe dat bakenbrou.co.za van tyd tot tyd met jou per epos mag kommunikeer.  Ons hou nie van spam nie en sal jou ook nie spam nie.

Ons verwelkom enige voorstelle of innoverende idees om hierdie blad meer prakties en gebruikersvriendelik vir almal te maak, stuur asseblief vir ons 'n epos na admin@bakenbrou.co.za met jou voorstelle.


Laastens, maar nie die minste nie, geniet hierdie blad, neem deel en belangrikste: bookmark dit dat jy vinnig weer kan terugkom!


 

Geroosterde Murgbene
Geroosterde Murgbene...meer
Gluhwein
Gluhwein...meer
Vlaskywe
Vlaskywe...meer
Ouma Ies se koperpennie wortelslaai
Ouma Ies se koperpennie wortelslaai...meer